Zelona & Fanie, 1 Desember 2012

Soms speel die elemente soos in glad nie saam nie :-) en is dit nogal ‘n toets vir almal betrokke by die groot dag.  Zelona en Fanie se troue is voorafgegaan met ‘n uiterste stormwind wat besonderse uitdagings aan Louise en Johan van De Denne gestel het met die regmaak van die venue. Tydens die kerkdiens het die reën begin wat ons gedwing het om na Plan B (foto’s wat onder dak en binnenshuis geneem word) oor te slaan.

Slegte weer by troues dwing jou om op jou voete te dink en jouself te druk om ten spyte van die weer steeds reg te laat geskied aan hierdie spesiale dag. Tussen dit alles deur het Fanie en Zelona kans gesien om die nattigheid, modder en stof te trotseer en nie toe te laat dat slegte weer hulle dag bederf nie. Vir ons van die Klein Karoo is reën tog ook ‘n seëning. Later het dit opgehou en was dit ‘n pragtige aand met ongelooflike mooi lig. Toe is daar lekker gekuier en was die stres van die weer heeltemal iets van die verlede. Hieronder is ‘n klompie van hulle foto’s.

Leave a Reply

Your email address will not be published.
Required fields are marked:*

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>