Riversdal fotografiekursus, 20-21 Oktober 2012

Ek het die naweek ‘n stimulerende tydjie saam met 5 dames van Riversdal deurgebring. Gelukkig het die baie reën niemand verhoed om by die kursus wat by Fynbos Gastehuis aangebied is, op te daag nie. Destyds toe Franza my gekontak het met die navraag om ‘n fotokursus op Riversdal aan te bied het ek getwyfel of dit werklik sou realiseer – duidelik het ek haar organiseringsvermoë onderskat. ‘n Klein groepie persone maar elkeen was opvallend gemotiveer om so veel moontlik uit die kursus te kry – dit was lekker vir my om hierdie gemotiveerdheid te beleef. Hieronder is van die foto’s wat die studente tydens die praktiese opdragte geneem het.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.
Required fields are marked:*

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>