Huiswerk na Klas 1

 

Ons eerste klas se huiswerk het gefokus op ‘n vergelyking van die verskillende maniere waarop die oog en kamera “sien” met verwysing na die onderstaande tabel:

 

 

 

DIE OOG EN DIE KAMERA –TWEE VERSKILLENDE MANIERE VAN SIEN

OOG KAMERA
1. Driedimensioneel / diepte word waargeneem Tweedimensioneel / plat vlak
2. Fokus outomaties Kamera of hand moet fokus beheer
3. Diskrimineer tussen objekte en help saam met brein om slegs op belangrikste te fokus Kamera onderskei nie en selfde belangrikheid word aan als toegeken. Fokus van foto word deur fotograaf bepaal
4. Beweging word gevries Beweging word nie noodwendig gevries nie
5. ‘n Groot vlak van kontras kan hanteer word – detail in son en skadu kan gelyk waargeneem word Min kontras kan effektief hanteer word voordat alle detail verdwyn
6. Kleurbalans word outomaties deur die oog aangepas Beperkte kleurbalans word deur die kamera gedoen.

 

Hieronder is voorbeelde van julle foto’s – kyk of julle self sien in watter van bogenoemde kategorie(ë) dit inpas.

Die huiswerk vir ons klas op 1 Augustus is aan julle per epos gestuur maar ek herhaal dit hier – dan’s alles op een plek.

1. RESOLUSIE:

Epos vir my dieselfde drie foto’s maar volgens die volgende specs:

  • 72dpi met die langs sy 10cm – JPG quality – 50% (5/10)
  • 175dpi met die langs sy nog steeds 10cm – 70% (7/10)
  • 300dpi en die lang sy is nog steeds 10cm – 90% (9/10)

TOTAAL = 3 foto’s

2. DEPTH OF FIELD:
Twee stelle van 3 foto’s – onthou om ook aandag te gee aan die komposisie van hierdie foto’s

  • 3 foto’s waar die lens op sy minimum fokusafstand gestel is en dit ook op sy wydtes (18mm) gestel is. Illustreer die konsep ‘depth of field’ deur minimum, maksimum en middelste lensopening / f-stop te gebruik.
  • 3 foto’s waar die lens weer op sy minimum fokusafstand gestel is maar dit nou maksimum ingezoom is 55mm en 135mm vir Marida) gestel is. Illustreer die konsep ‘depth of field’ deur minimum, maksimum en middelste lensopening / f-stop te gebruik.

(Epos hierdie foto’s vir my met die lang sy 1000 pixels – ongeveer 200kb per foto)
TOTAAL = 6 foto’s

3. SLUITERSPOED:

Vir die van julle wat kans sien is daar nog ietsie om seker te maak dat panning sowel as die ‘rule of thumb’ rondom watter sluiterspoed gebruik moet word saam met watter lens vas te lê :-)

3.1 Neem 3 verskillende voorwerpe (bv persoon wat stap, fietsryer, motor) wat teen verskillende snelhede beweeg van die sykant af, af. Gebruik ‘n sluiterspoed wat vinnig genoeg is om beweging vries.
3.2 Neem nou weer dieselfde 3 voorwerpe af maar gebruik die panning tegniek met ‘n sluiterspoed wat baie stadiger is as die gebruik in 3.1
(Epos hierdie foto’s vir my met die lang sy 1000 pixels – ongeveer 200kb per foto)
TOTAAL = 6 foto’s

Baie sterkte – moenie bang wees om foute te maak nie.


 

Leave a Reply

Your email address will not be published.
Required fields are marked:*

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>